Introducing the most beautiful souls who have been with me on my journey for so many years. They have more than 80 years of wisdom to share. I know that through their guidance, I have learned so much, and I am forever a student. As I have already gone through the time-stealing challenges of set-up, I feel honored to offer my services and my website for their most loving shares.
Bekendstelling in hul eie woorde:
BEKENDSTELLING ONS 2 SAAM
Ons 2 persoonlik is 80 en 77 jaar oud maar nog redelik fiks, 56 jaar getroud, en hou onsself gesond met kruie tees wat ons self groei, en ander natuurlike en homeopatiese produkte en ons doen gereeld die 5 Tibetan Rites oefeninge.
Ons is oorspronklik onderwysers. Annamarie vir kindertuin en Johan die middelbare klasse.
Ons het elkeen 30 jaar diens gedoen by die Voortrekkers, in ons vrye tyd. Ons het baie kampe bygewoon en het self baie kampe georganiseer deur die jare, en het baie ondervinding van veldwerk, kamp en menseverhoudings.
Johan het 7, jaarlikse veldwerkkampe georganiseer vir 600 kinders vir 10 dae in die oop veld. Die beplanning, logistiek, finansies, vervoer, ablusie, kombuis, werks-programme, het ons span offisiere so 10 maande vooruit al begin.
Annamarie het ook ‘n nuwe kommando in Riebeeckstad (Vrystaat) van die grond af georganiseer, offisiere en kinders opgelei en ‘n groot kommando gevestig. In die tyd het sy ook ‘n kleuterskool begin en bedryf, terwyl sy nog ons 4 kinders ook goed en reg grootgemaak het. Johan was ‘n personeelbeampte by die myn.
Deur te besluit om op ons eie te gaan, en ‘n personeelplasings besigheid in Oos-Londen te bedryf, was die tyd en die plek nie reg nie en ons is onderdeur in 2 jaar. Ons het altwee teruggeval op ons ou beroep en het weer begin skoolhou.
Later was ons ook in Orania as onderwysers vir so 6 jaar. En het daarna ook vir 6 jaar vir die Albertinia se aalwynfabriek van skou tot skou bekendstelling en bemarking gedoen deur die land en twee keer in al die skoue in Namibië.
Ons het verkies om dikwels buite die stad te bly op plasies en kleinhoewes, waar ons vrugte gedroog het, groente self verbou het, water aangelê, self gebou, vloere gegooi en 3 keer spoeltoilette en dreineringsputte gemaak het.
Ons 2 werk nog al die jare as ‘n span saam en vul mekaar uitstekend aan en ons doen self ons werk binne en in die tuin…
Ons2 is diep gelowig, maar vry van kerklike bande en misleidings. Ons is ook baie verlig en het van 2013 af, 84 “trance feeste” bygewoon in 5 jaar se tyd. Ons het geleer om nie te oordeel nie, en net liefde te gee. Saam met die jong mense het ons die lewe geniet. Ons het besef hulle het dit nodig om in hierdie tye te ontspan. Ons het besef ‘n trance Party is die enigste plek waar mense saam met hulle vriende kon verkeer en ontspan in veiligheid, tussen ander wat omgee. Ons kon vir hulle wys ons oordeel nie en gee net liefde. Al geniet ons die trance musiek is dit nie ons soort musiek nie… tuis luister ons Bach, Beethoven en Mozart en geniet Andre Rieu se konserte.
Ons erken; elkeen het die Goddelike vryheid, reg en verantwoordelikheid om sy eie besluite te neem en sy eie lewe uit te leef, vir sy eie beswil en die beswil van die mensdom en die Aarde. Ons handhaaf vrede en samewerking vir die beswil van almal in hierdie land.
Ons 2 kan wel help met raad en voorstelle, en kan oor baie onderwerpe gesels. Ons glo, vertrou, bid, verwag en voel(emosie), dat ‘n situasie om weg te vlug, nie sal gebeur nie. Ons2 bly positief en vrees nie, want ons weet aan Wie ons, ons toevertrou het.
Ons2 bly en dink positief!!!
Ons2 bid vir beskerming en verwag positiewe goeie uitkomste.
As ons almal saam met sekerheid bly in Liefde, vertroue en dankbaarheid, en met positiewe gevoelens en emosies, dan sal ons ontvang wat ons verwag en waarvoor ons nou bid, en werk. (soos Joe Dispenza nou wetenskaplik bewys het)
Ons stuur vir julle seëninge van Welgeluksaligheid, gevul met die LIG en LIEFDE en voortdurende beskerming van ons Skepper God Almagtig.
Johan en Annamarie Moller
NS.
‘n Stukkie uit Mev.Chas Cowman se dagboekie (1938) “Strome in die Dorsland”.
1 Februarie.
1 Kon. 12:24, “Hierdie saak is van MY”
God vra: “Het jy ooit daaraan gedink dat al wat aangaan ook MY aangaan, omdat wie jou aanraak, MY oogappel aanraak (Sag. 2;6).”
Jy is baie kosbaar in MY oë. Daarom is dit vir MY so ‘n besondere voorreg om jou op te voed.
MY WIL is dat: wanneer versoekings jou oorval, en die vyand aankom soos ‘n watervloed, jy sal onthou dat die saak van MY is; dat jou swakheid aan MY KRAG behoefte het; dat jou veiligheid daarin bestaan dat jy MY toelaat om jou stryd te stry”
So…
Be superblessed by more than 80 years of wisdom…
I should first share about their journey which I believe, opened their mind the most…
The following article was published by Job and Hanna on 3 February 2015. These life partners make an amazing team sharing inspirational real-life stories wherever they go. We were very privileged to meet them in 2015 at an annual South-African festival, Origin.
Seeds for change… published 3 February 2015…
Going to these trance parties is definitely the biggest change that we’ve made in our lives. We used to be very conservative you know…
One day we told our son that he shouldn’t be going to these parties because they were of the devil. He replied that we should see it for ourselves before we could judge.
So we did, without telling him we bought tickets to have a look and see for ourselves what was going on at these festivals. We were amazed by the love and creative energy that was flowing all around us.
That was 13 months ago and we’ve been to 17 of these festivals since then.
To think that a man has to become 71 to do the first dance in his life, can you believe that? Someone told us to dance in the middle of the dancefloor, not at the edge. That way, you become a part of the energy.
Last year at Origin Festival, the organizer came up to us on the dancefloor to give us lifelong free entrance. When the other festivals heard of this, they said they could not stay behind.
Our whole life, we did a lot of giving, but we never knew how to receive.
This is something the party scene has taught us.
We just sold our house to move into a motorhome with which we can stay even closer to the festival scene. It just fits better with our new lifestyle.
Our seed for change is: You’re never too old to try something new.
Johan and Annemarie
https://www.facebook.com/oorvloed.onstwee?mibextid=ZbWKwL
Above is their Facebook link, and they are superblessed with gratitude to have over 4000 friends.
Vir donasie, is ons bankbesonderhede is soos volg:
CAPITEC Savings Account: Mrs AM Moller Acc no: 1739 1023 02, Br code: 470010
Next, their article apie