(This article is written in English and Afrikaans)
At last we are on our way to documenting what we have learned in our lifetime…
8 August 2021… (8-8-8 en Nuwemaan: Die nuwe begin van ONS EENHEIDSGEDAGTE!)
Hersienning; 29 Januarie 2023… 3 years later… 1 November 2023
The hundredth monkey effect is a hypothetical phenomenon in which a new behavior or idea is spread rapidly by unexplained means from one group to all related groups once a critical number of members of one group exhibit the new behavior or acknowledge the new idea.
https://en.wikipedia.org/wiki/Hundredth_monkey_effect
OPROEP OM EEN TE WEES EN SAAM TE WERK;
Liewe Vriende,
DIE KRAG VAN ONS EENHEIDS GEDAGTE… die 100ste Apie Effek wonderwerk:
Een apie het ‘n inspirasie gekry om sy soet-patat wat vol sand was, te begin was, voordat hy dit ge-eet het…
Die voorbeeld wat die eerste apie bedink en uitgeleef het, het die wonder laat gebeur. Nadat 100 van die apies op sy eiland sy voorbeeld begin volg het, het sy gedagte na ander apies op ander eilande versprei en hulle het ook so begin maak, om die sand van die patat af te was… sonder dat hulle geleer of gewys is of gekommunikeer / gepraat het daaroor…
As die apies DIT kon regkry, oor eilande heen, dan kan ons met ons sterk Goddelike menslike gedagtes, baie meer regkry oor die ganse Aarde (Joe Dispenza het dit nou wetenskaplik bewys.)
ONS gedagtes IS sterker as ‘n apie s’n!
Die 100ste apie effek is vir ons ‘n voorbeeld van wat ons kan regkry as ons almal saam dieselfde positiewe gedagtes uitleef. Hierdie GEDAGTE is… om ons Godgegewe reg van Vryheid te handhaaf, en GOD se LIG met Liefde, Balans en Harmonie, bewustelik, prakties en vreesloos uit te leef.
God gee vir ons beloftes in Sy Woord. Een van die beloftes is: Waar twee of drie saamstem, is ons geloof sterker en dra ons gebede meer krag. Ons hoor die negatiewe nuus; …. “hulle”…, wil ons in alle opsigte bind en ons oorheers met vrees. Slegs as ons, ons geboortereg van Menseregte en Vryheid oorgee, sal “hulle“ slaag. Daarom hierdie oproep om saam te stem, die positiewe gedagtes bewustelik te voel (emosies) en te bedink, en self voorbeelde te wees van wie en wat ons werklik is…
Ons hoor en lees in die media van die donkerkant van die omstandighede in ons land en op Aarde. Kom ons staan saam en bedink en voel saam, en vervang alle negatiewe gedagtes, woorde en dade met die positiewe gedagtes van Liefde, Dankbaarheid en Waardering.
Hou op om te vrees, want vrees vernietig jou en alles om jou heen!
MAAR;
Kom ons help mekaar, om ons Godgegewe reg op Vryheid, te handhaaf. Kom ons bly in kontak met mekaar sodat ons mekaar kan help om positief te bly en GEEN negatiewe gedagte dink nie. Ons moet ons bewustheid van God se Liefde, Almagtigheid en Alomteenwoordigheid behou. Ons moet doelbewus ons positiewe gedagtes en emosies uitleef in ons gevoel en, in sekerheid en vaste vertroue. Behou die vrede! Selfs as jy nie saamstem met jou vriende of familielede se besluit, in hierdie tyd nie, moet ons onthou, dat elke mens ‘n Goddelikke reg en Vryheid het, om te besluit wat vir onsself die beste is, en om die gevolge daarvan self te dra. Bly in vrede, sonder om te oordeel, vergewe mekaar en wees lief vir mekaar.
“Ons twee” kies om ons Godgegewe indiwidualiteit (ons geboortereg), in vryheid te behou…
As julle met ons twee saamstem, dink en doen saam met ons. As julle so voel versprei hierdie gedagte.
Ons sal bly wees om van julle te hoor. Kom ons word saam die "Eerste 100”
Hoor, glo en lees die LIG-kant van wat ons verantwoordelikheid is om te DINK en te DOEN, sodat, die LIG kan oorwin oor die duisternis waarvan ons nou hoor.
Hoor, glo en lees die LIG-kant van wat ons verantwoordelikheid is om te DINK en te DOEN, sodat, die LIG kan oorwin oor die duisternis waarvan ons nou hoor.
Kom ons bid saam;
Bemin God met jou hele hart, en dank HOM.
Stuur jou LIG en LIEFDE uit na almal, naby en ver, maar ook na ons vyande.
WAT moet ons nou doen?
God gee vir ons ‘n opdrag;
“Gaan in jou binnekamer en word stil”…
JOU BINNEKAMER is jou hart, en dit is die Troon van God IN ons, omdat God altyd in alles teenwoordig is…
STILTE is nodig om GOD se inspirasie te hoor.
In STILTE sal ons die gedagtes “hoor”, wat ons ontvang,” vind en vorm, en dan uitstuur om te verwesenlik…
Onthou altyd; Jy is goddelik volmaak geskape na die beeld en gelykenis van jou Skepper en daarom is jy SY verteenwoordiger en boodskapper, NOU HIER.
• Bid kort, kort, deur die dag, elke dag, in DANKBAARHEID, vir wat jy nou reeds het, sowel, as wat jy graag wil bereik,
• Vra vir GOD, ons Almagtige SKEPPER; …. om vir ons en ons geliefdes, die mensdom en Moeder Aarde, met SY LIG, van LIEFDE, Vrede en Vryheid met eensgesindheid te seën,
• Bid vir ons almal se voortdurende beskerming, en vir die Vryheid van ons menseregte.
• Ons BID ook vir die herstel van Moeder Aarde… tot ons almal saam ‘n pragtige juweel van SY Liefde word,
• Ons Goddelike opdrag is ook dat ons vir ons vyande, “die verderwer wat geskape is vir hierdie dae” (Jes 54;16) sal bid. Al verstaan ons nie, ons moet nogtans nie oordeel nie. Ons moet net goddelikke, onvoorwaardelik Liefde na ” hulle” toe uitstraal. Ons gee “hulle” oor in GOD se hande…
• Ons bid om insig en wysheid te kry, sodat die WAARHEID sal oorwin.
Kom, ons staan nou almal saam in vertroue, en word EEN in ons gebede en gedagtes;
Laat ons die LIG van Liefde en Vrede ontvang en uitstraal, want dan sal ons ‘n verskil maak.
AS ONS ALMAL SAAMSTAAN, DAN SAL DIE LIG, DIE DUISTERNIS OORWIN.
Lees in julle Bybel:
Psalm 91, Matt. 7:7, Matt. 18:20, Matt. 19:26 en 1 Joh.5:14.
Word stil en bid, en kommunikeer met GOD.
Bedink die uitwerking van die 100ste Apie effek… en hou goeie moed!
Strewe daarna;
(1) om die huidige vrees en negatiwiteit, met die waarheid om te skakel na die positiewe,
(2) om persoonlike Menseregte in Vryheid te behou, …
(3) om verantwoordelikheid vir myself,… en vir mekaar, die mensdom… en vir Moeder Aarde te aanvaar en uit te leef.
BYVOORBAAT BAIE DANKIE DAT ONS KAN SAAMSTAAN EN SAAM DINK.
Ons seën julle met GODDELIKKE LIG van Liefde, Vrede, Vreugde, Vryheid, Harmonie, sowel as Moed, Blymoedigheid en Kalmte van Gees.
Johan en Annamarie… (Ouma en Oupa in Trans)
8 August 2021… (8-8-8 en Nuwemaan: Die nuwe begin van ONS EENHEIDSGEDAGTE!)
Hersienning; 29 Januarie 2023
FOTO VAN HUL
Kontak ons: / Contact us: oorvloed@loved
Bank details:
CAPITEC Savings Account
Mrs AM Moller
Bank account no: 1739 1023 02
Branch code: 4070010